Maak ’n heerlike hoender-en-spinasie-lasagne sonder té veel moeite
4 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
10 ml (2 t) gemengde kruie
knypie neutmuskaat
knypie rooirissievlokkies
150 g (1 pak) jong spinasie
500 ml (2 k) gaar hoender
sout en peper
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) wit kaas, gerasper
250 g (1 boks) lasagnevelle
250 ml (1 k) mozzarellakaas
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag.
2 Roer sampioene en speserye deur en braai tot sag.
3 Gooi spinasie in pan en sit deksel op sodat dit kan gaar stoom.
4 Roer gaar hoender deur en geur met sout en peper.
5 Smelt botter in pan. Gooi koekmeel by meng.
6 Gooi aftreksel en melk by en roer tot glad. Laat kook vir een minuut. Skakel plaat af en voeg kaas by.
7 Skep bietjie van sous onder in oondbak, pak laag lasagnevelle bo-op en skep 1/3 van hoendermengsel bo-op. Versprei goed. Herhaal proses nog twee keer. Eindig met vulsel bo-op.
8 Sprinkel met mozzarellakaas en bak vir 30–40 minute of tot lasagne sag is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.