Die rissies is kleurryk en voedsaam en smaak altyd lekker. Eet dit vars, gebak of gebraai!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, in wiggies gesny
5 ml (1 t) gekneusde knoffel
2 rooi soetrissies, ontpit en in dik skywe gesny
16 klein tamaties, gehalveer
15 ml (1 e) heuning
12 ontpitte swart olywe, in stukke gesny
250 ml (1 k) witwyn
sout en peper na smaak
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
4 hoenderborsies, ontbeen en ontvel, in dun repies gesny
Metode
1. Verhit olie en soteer uie en knoffel daarin.
2. Voeg soetrissies, tamaties, heuning, olywe, wyn, sout, peper en kruie daarby.
3. Plaas deksel bo-op en laat vir 20 min. prut.
4. Voeg rou hoenderrepies by en laat sonder deksel vir nog 10 min. prut of tot hoender gaar is.
5. Sit warm saam met koeskoes voor.
Wenk: As sous te dun is kan bietjie bruinuiesoppoeier bygevoeg word.