Bestanddele
60 ml olyfolie
2 uie, gekap
2 preie, gewas en gesny
3 selderystingels, dun gesny
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
16 hoenderstukke, dye en boudjies
Bouquet garni (’n klein bossie vars tiemie en 2 lourierblare wat met ’n dun toutjie vasgebind is)
500 ml hoenderaftreksel
250ml Drostdy-Hof Claret Select
450 g piekeluitjies, geskil
500 g portabellini-sampioene
Metode
Maak vuur soos gewoonlik en verseker dat daar genoeg kole is om ’n potjie vir sowat twee uur aan die gang te hou. Verhit ’n bietjie olie in ’n mediumgroot gietysterpotjie en kook die uie, preie, seldery en knoffel liggies tot goudkleurig. Verwyder en hou eenkant. Verhit die res van die olie in die potjie en braai die hoenderstukke met die vel na onder tot goudkleuring en sit dan die groente terug. Voeg die bouquet garni, die hoenderaftreksel, die Drostdy-Hof Claret Select en die piekeluitjies by. Sout en peper na smaak. Bring tot kookpunt, verminder dan die hitte en laat prut vir 1 ½ uur of totdat die vleis van die been val. Voeg die portabellini-sampioene by en kook vir nog 20 minute. Bedien warm met romerige kapokaartappels en Drostdy-Hof Claret Select.
Drostdy-Hof se Claret Select is beskikbaar in 375ml-, 750ml-, 2 liter- en 5 liter-verpakkings.