Met hoender in die vrieskas kan jy sommer vinnig ‘n lekker gereg maak
LEES OOK: Eenbak-hoenderkerrie
6 porsies
2 klein hoenders
2 ℓ (8 k) water
2 hoenderaftrekselblokkies
250 ml (1 k) rou witrys
bietjie olie
2 uie, fyngekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkiesgesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
2 85 g (1 blik) sampioene, gedreineer
375 ml (1½ k) kookwater
1 blokkie hoenderaftreksel
410 g (1 blik) gekapte tamaties
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
sout en peper na smaak
LEES OOK: Quiche met hoender en uie
Stel oond op 180 °C.
- Verhit water en hoenderaftrekselblokkies tot kookpunt en kook hoenders tot gaar, ongeveer 50 tot
60 minute. - Laat hoenders afkoel en vlok dit.
- Smeer oondbak met deksel van 22 cm in deursnee met botter of spuit met kossproei. Gooi rys in
oondbak. Hou eenkant. - Verhit olie en soteer uie en knoffel daarin tot sag. Voeg spek by en soteer tot gaar.
- Voeg soetrissie en sampioene by en soteer vir drie minute.
- Meng hoenderstukke met spekmengsel en skep op rys.
- Roer blokkie hoenderaftreksel by kookwater tot opgelos. Roer tamaties, kruie, sout en peper by.
- Giet tamatiemengsel oor gereg.
- Plaas deksel bo-op en bak vir 1½uur. Sit oond af en laat staan nog een uur in warm oond sodat rys nog van sous kan absorbeer en uitswel.
- Sit warm voor.