6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, gekap
2,5 ml (½ t) knoffel, gekap
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
6 hoenderborsies, in blokkies gesny
410 g (1 blik) pitmielies
420 g (1 blik) gekapte tamaties
15 ml (1 e) tamatiepasta
2 hoenderaftrekselblokkies
5 ml (1 t) bruinsuiker
1,5 l (6 k) gaar witrys
500 ml (2 k) cheddar, gerasper
KAASSOUS
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
1 l (4 k) warm melk
sout na smaak
rooipeper na smaak
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
2 Voeg kruie by en soteer nog bietjie. Voeg soetrissie by en soteer nog 2 min. Skep uit.
3 Verhit nog bietjie olie en soteer hoender tot gaar.
4 Voeg pitmielies, tamaties, tamatiepasta, aftrekselblokkies en bruinsuiker by hoender en laat prut vir 5 min.
5 Roer uimengsel by hoendermengsel.
6 Kaassous Smelt botter en roer koekmeel by. Voeg warm melk bietjies-bietjies by terwyl geroer word sodat klonte nie vorm nie.
7 Skep helfte van gaar rys onderin groot oondbak. Skep helfte van hoendermengsel bo-op.
8 Skep helfte van kaassous bo-op. Herhaal weer lae.
9 Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 25 min.
10 Sit warm voor.