Hierdie hoender-en-parmesaan-gebak is ’n lekker vinnige aandete!
6–8 porsies
Bestanddele
6 hoenderfilette
400 g (1 bottel) tamatiepastasous
250 ml (1 k) mozzarella, gerasper
125 ml (½ k) parmesaan, gerasper
125 ml (½ k) broodkrummels
500 g (1 pak) spaghetti of linguini
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sny oppervlakte van hoenderfilette tot amper deur. Braai tot goudbruin en sprinkel met sout en peper.
- Plaas hoender in oondskottel. Giet sous oor en sprinkel met kase en broodkrummels.
- Plaas in oond en bak vir ongeveer 20 minute of tot hoender gaar is.
- Kook spaghetti in water met sout en bietjie olie. Dreineer en hou eenkant.
- Bedien hoender en spaghetti saam.