4 porsies
500 g (1 pak) spaghetti
HOENDER-EN-OLYF-SOUS
bietjie olie
1 ui, gekap
4 hoenderborsies, ontvel, ontbeen en
in blokkies gesny
sout en peper na smaak
15 ml (1 e) koekmeel
1 0 kalamata-olywe, ontpit en gehalveer
45 ml (3 e) olyfpesto (Ina Paarman)
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
20 kasjoeneute, grofgekap vir bo-oor
- Kook spaghetti tot al dente in borrelende kookwater waarby bietjie olie en sout gevoeg is.
- Dreineer en roer ekstra olie deur sodat spaghetti nie aan mekaar kleef nie.
- Hoender-en-olyf-sous Verhit bietjie olie en soteer ui tot sag.
- Voeg hoenderborsies by en braai bietjies op ’n slag tot bruinerig.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Meng koekmeel, olywe en pesto deur gebraaide hoenderstukkies.
- Voeg room en melk stadig by terwyl jy roer. Laat prut tot room net warm is.
- Roer hoendermengsel deur spaghetti.
- Skep in geskikte opdienbakkies en sprinkel pietersielie en kasjoeneute oor.