24 happies
Bestanddele
VULSEL
700 g hoendermaalvleis
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels
250 ml (1 k) gevriesde gemengde groente
60 ml (4 e) blatjang
5 ml (1 t) sout
knypie peper
1 eier
DEEG
800 g (2 x 400 g-rolle) skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
Metode
Stel oond op 200 °C.
1. Vulsel: Meng bestanddele vir vulsel.
2. Deeg: Rol skilferkorsdeeg op meelbestrooide oppervlak effens dunner uit.
3. Sny deeg in lengte deur.
4. Skep vulsel op kant van gesnyde deegstroke. Smeer bietjie geklitste eier op oorkantste rand. Rol deegstrook na ander sy sodat lang rolletjie vorm. Sorg dat las aan onderkant van rolletjie is.
5. Smeer geklitste eier bo-oor rolletjies en sny in happiegroottes.
6. Plaas op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
7. Bak vir 15 tot 20 min. of tot goudbruin bo-op.