Hierdie hoender-en-groente-pakkies sal heerlik wees vir aandete!
Deur: Suzanne Crozier
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
sout en peper
80 g (1 pak) babaspinasie
½ botterskorsie, in dun skyfies gesny
4 hoenderborsies
7,5 ml (1½ t) Portugese speserye
16 kersietamaties, gehalveer
20 ml (4 t) botter
paar druppels suurlemoensap
Metode
Stel oond op 200 °C.
- Skeur vier groot stukke foelie af. Smeer middel liggies met olie en bestrooi met sout en peper.
- Deel spinasie en botterskorsie in vier dele en rangskik in middel van elke stuk foelie. Plaas hoender bo-op en sprinkel met speserye.
- Pak tamaties op hoender en breek stukkies botter bo-op. Drup ’n paar druppels suurlemoensap oor alles.
- Vou foelie bymekaar en maak goed toe sodat geen stoom ontsnap nie.
- Bak vir 30–40 minute of tot hoender gaar is.