Hierdie hoender-en-groente-gebak is perfek vir ’n besige weeksaand!
4 porsies
Bestanddele
5 00 g (1 pak) gekoopte gemengde groente (broccoli, blomkool, wortels en botterskorsie)
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
4 murgpampoentjies, in skyfies gesny
2 50 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
4 hoenderborsies, gaar en in blokkies gesny
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
handvol vars koljanderblare, gekap
handvol vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) bruinuiesoppoeier
10 ml (2 t) mielieblom
250 ml (1 k) volroommelk
250 ml (1 k) room
knypie rooipeper
2 eiers
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sny groentes in kleiner stukkies indien verkies.
- Gooi al die groentes in diep, gesmeerde oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
- MAAK OOK: Hoender-en-ryskasserol
- Meng hoenderblokkies, kaas, koljander en pietersielie. Skep bo-op groente.
- Meng bruinuiesoppoeier, mielieblom, melk, room, rooipeper en eiers. Giet bo-oor gereg en bedek met foelie.
- Bak vir 45 minute of tot groente sag is.
- Sit warm voor.