Maak hoender-broccoli-alfredo sonder die stysel
4 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
4 hoenderborsies, in repies gesny
2,5 ml (½ t) hoenderspesery
sout en peper
250 ml (1 k) suurroom
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
350 g broccoli
350 g murgpampoentjiespaghetti
METODE
1 Braai ui in bietjie botter. Braai knoffel tot geure begin loskom.
2 Gooi hoender en speserye by uie en braai tot goudbruin.
3 Gooi suurroom en aftreksel by en laat kook.
4 Stoom broccoli gaar in mikrogolf.
5 Roer broccoli by hoenderroommengsel.
6 Braai murgpampoentjie-spaghetti in bietjie botter en bedien met alfredo.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.