Lewer 6 porsies (Een porsie is gelykstaande aan: 2 proteïene + 1 groot vrug)
Bestanddele
400 g gemaalde hoendervleis
1 middelslag-ui – ¼ (25 g) gerasper vir frikkadelle en ¾ (75 g) fyngekap vir sous
1 knoffelhuisie, gekap
50 ml gekapte vars pietersielie
1 middelslag-wortel, geskraap, fyngerasper (100g)
1 sny dagoue bruinbrood, gekrummel (45 g)
5 ml sout – 2,5 ml vir frikkadelle en 2,5 ml vir sous
1,25 ml peper
knippie naeltjies
25 ml elk Worcester- en tamatiesous
25 ml kanola- of olyfolie – 10 ml vir frikkadelle en 15 ml vir sous
½ middelslag- groen soetrissie, ontpit, in baie dun repies gesny (75g)
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
420 g-blik perskeskyfies in sap, elke skyfie in lengte deurgesny
50 ml witasyn
30 ml suiker
10 ml mielieblom, gemeng met perskesap
Metode
1 Voorverhit die oond tot 180 ºC.
2 Meng al die bestanddele tot en met die 10 ml olie liggies.
3 Vorm 12 frikkadelle van ± 50 g elk en plaas dit in ’n gesmeerde oondbak.
4 Bedek en bak dit vir 20 minute. Verwyder die deksel en skep die perskesous oor.
5 Bak dit 20 tot 25 minute sonder ’n deksel.
Perskesous:
1 Roerbraai die ¾ ui en die soetrissie in die 15 ml olie tot die ui deurskynend is.
2 Roer die oorblywende bestanddele by en verhit tot kookpunt.
3 Roer die sap-en-mielieblommengsel by en kook tot die sous effens verdik het.