Geniet Kirstie McCallum, Scottish Leader se nuwe vroulike hoofversnyer, se gunsteling whisky-skemerkelkie
Geniet die verleidelik gladde, soet, ryk en rokerige smaak van die nuwe Scottish Leader Signature. Hierdie Vrouemaand kan jy ‘n ekstra heildronk op die nuwe vroulike hoofversnyer vir Scottish Leader, dr. Kirstie McCallum klink.
Sy is een van die eerste vroue in Skotland wat haar as whiskymaker bekwaam het. Die gesofistikeerde Scottish Leader Signature is ideaal vir liefhebbers van Skotse versnitwhisky met ’n eiesoortige sterk en komplekse smaak. Geniet Scottish Leader Signature net so, met of sonder ys, met ’n mengeldrankie soos gemmerlim, of as deel van ’n verfrissende skemerkelkie soos die een wat dr. McCallum se eie gunsteling is.
Heuning-, appel- en mentskemerkelkie
8 mentblare
12,5 ml heuning of heuningstroop
ysblokkies
37,5 ml Scottish Leader Signature
50 ml appelsap
paar druppels vars suurlemoensap
1 Plaas mentblare in skemerkelkiemenger. Gooi heuning of heuningstroop oor blare.
2 Roer met mengstokkie om mentgeure- en smake vry te stel. Maak menger met ysblokkies vol.
3 Giet whisky en appelsap oor mengsel. Voeg suurlemoensap by.
4 Maak menger toe en skud vir 20 sekondes. Gooi mengsel in kort glas. Garneer met menttakkie.
Kliek hierom na Scottish Leader se wêreldwye “nuwe perspektief”-televisieadvertensie te kyk.