Hertzoggies is deel van ons kosgeskiedenis, en elke happie herinner aan Ouma!
36 hertzoggies
Bestanddele
685 ml (290 g) koekmeel
15 ml (1 e) suiker
10 ml (2 t) bakpoeier
185 ml (180 g) botter
1 eiergeel
30 ml (2 e) water
1 blikkie appelkooskonfyt
4 (135 g) eierwitte
375 ml (300 g) suiker
375 ml (130 g) klapper
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en berei drie vlak kolwyntjiepanne voor deur dit met kleefwerende sproei te spuit.
- Meng meel, suiker en bakpoeier.
- Vryf botter by meelmengsel in totdat beslag soos broodkrummels lyk.
- Meng eiergeel en water en roer by mengsel totdat deeg vorm. Bedek met kleefplastiek en laat vir 10 minute in yskas rus.
- Rol deeg uit tot 2 mm dik en sny sirkels met koekiedrukker. Pak deegsirkels in panne.
- Skep een teelepel appelkooskonfyt op elke deegsirkel.
- Meng eierwitte en suiker en roer mengsel oor kookwater totdat al die suikerkristalle opgelos het.
- Klits eiermengsel styf en roer klapper by.
- Skep in versiersak en spuit bo-op deeg en appelkooskonfyt.
- Bak vir 25–30 minute tot goudbruin en gaar.