Met hierdie herfsslaai kry jy sommer ’n porsie groente ook in!
2 porsies
BESTANDDELE
250 ml (1 k) quinoa
500 ml (2 k) groenteaftreksel
1 medium botterskorsie
1 rooi ui, in wiggies gesny
1 heel knoffelhuisie, met skil aan
bietjie olie
knypie rooirissievlokkies
knypie paprika
knypie kaneel
sout en peper
150 g (1 pak) boerekool (kale)
1 sirkel fetakaas
SOUS
15 ml (1 e) witwynasyn
30 ml (2 e) olyfolie
5 ml (1 t) stroop
METODE
Verhit oond tot 180 ˚C.
1 Kook quinoa in aftreksel tot gaar. Laat afkoel.
2 Sny botterskorsie in 2 cm ringe of halfmaangrootte.
3 Pak botterskorsie, ui en knoffel op gesmeerde bakplaat en sprinkel met speserye. Bak in oond vir 30 minute of tot botterskorsie sag en karamelkleurig is. Laat effe afkoel.
4 Snipper boerekool effe fyner en pak op opdienbord.
5 Sous Haal geroosterde knoffel se skil af en maak baie fyn met vurk. Meng asyn, olie en stroop by knoffel en geur met sout en peper.
6 Meng quinoa met botterskorsie en uie en gooi sous oor. Bedien op boerekool. Sprinkel met feta.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.