Hier is ’n lekker resep vir hoendernoedelsop
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
2 wortels, in dun ringetjies gesny
2 selderystingels, gekap
5 ml (1 t) knoffel
1 lourierblaar
2 vars tiemietakkies
10 ml (2 t) Italiaanse kruie
1,5 l (6 k) hoenderaftreksel
3 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
250 g (½ pakkie) eiernoedels
5 ml (1 t) suurlemoensap
sout en peper
Metode
- Verhit olie en braai ui tot sag.
- Gooi wortels, seldery en knoffel by. Braai vir twee minute.
- Gooi geurmiddels, aftreksel en hoender in kastrol. Laat kook tot hoender amper gaar is.
- Gooi eiernoedels by sopmengsel en laat kook tot sag. Gooi suurlemoensap by en geur met sout en peper.