’n Groot gunsteling bly maar altyd ’n gebakte hoender
Foto Andrea Caldwell
4 porsies
Bestanddele
125 g (½ k) botter, gesmelt
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
30 ml (2 e) vars basiliekruid, gekap
15 ml (1 e) origanum, gekap
skil en sap van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) fyn knoffel
15 ml (1 e) sout varsgemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olie
2 tiemietakkies
1 heel hoender
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
1 Meng, botter, kruie, suurlemoensap en -skil, knoffel, sout, peper en olie saam.
2 Druk tiemietakkies en helfte van halwe gebruikte suurlemoen in holte van hoender.
3 Sit hoender in diep oondskottel. Verf kruie-oliemengsel oor hele hoender.
4 Bak vir 1½ uur en verf elke 20 minute met kruiemengsel.
WENK Om te toets of hoender gaar is, druk ’n messie in die dikste deel van die hoender – die sappe moet helder uitkom
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.