Hierdie hawermoutblokkies-resep is vullend en heerlik met die vrugte in. Perfekte skoolkos!
Dit maak ongv. 48 blokkies
Bestanddele
250 ml (1 k) graanvlokkies (Kellogg’s Corn Flakes), growwerig fyngedruk
250 ml (1 k) klapper
750 ml (3 k) hawermout
125 ml (½ k) sonneblomsade
250 ml (1 k) gedroogde bosbessies (cranberries) – Woolworths
125 ml (½ k) pekanneute, gekap
250 ml (1 k) koekmeel
375 ml (1 ½ k) ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (½ t) sout
250 g (½ blok) botter
45 ml (3 e) heuning
10 ml (2 t) koeksoda
80 ml (? k) volroommelk
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Plaas graanvlokkies, klapper, hawermout, sonneblomsade, bosbessies, pekanneute, koekmeel, bruinsuiker, kaneel en sout saam.
2 Roer bestanddele tot goed gemeng.
3 Smelt botter en heuning saam en roer tot glad en gemeng.
4 Meng koeksoda en volroommelk saam.
5 Roer koeksodamengsel by gesmelte bottermengsel.
6 Meng gesmelte bottermengsel by hawermoutmengsel.
7 Voer bakplaat van 24 cm x 24 cm met bakpapier uit en spuit goed met kossproei.
8 Druk mengsel in bakplaat vas sodat dit gelyk bo-op is.
9 Bak vir 18 minute of meer tot ligbruin bo-op.
10 Laat vir 15 minute in bakplaat afkoel en sny in blokkies van ongeveer 3 cm x 3 cm groot.
11 Skep op afkoelrakkie uit en bêre in lugdigte houer.