As jy van fudge en bruintjies hou gaan jy mal wees oor hierdie haselneut-fudgebruintjies!
12–16 porsies
Bruintjies
180 g (¾ k) botter, gesmelt
250 ml (1 k) suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 eiers
180 ml (¾ k) koekmeel
90 ml (3 e) kakao
2 ml bakpoeier
knypie sout
100 g (1 pakkie) haselneute
Fudge
375 g (1 blik) kondensmelk
30 ml (2 e) botter
357 ml (1½ k) gekerfde sjokolade
250 ml (1 k) Nutella
Maak ook ‘n fudgekoek
Metode
Verhit oond na 180 °C
- Meng botter, suiker en vanieljegeursel.
- Voeg eiers by.
- Meng meel, kakao, bakpoeier, sout en neute by.
- Voeg droë bestanddele by nat bestanddele en roer tot net gemeng.
- Giet mengsel in bak van 20 cm x 20 cm en bak vir 15–20 minute of tot gaar.
- Fudge Meng kondensmelk, botter, sjokolade en Nutella in metaalbak. Plaas bak oor kokende water.
- Roer mengsel tot glad en giet oor afgekoelde bruintjies.
- Laat effens afkoel en sny in blokkies.