Maak hierdie Valentynsdag romantiese hartvormige bessietertjies. Bedien dit saam met yskoue Pongrácz Rosé in pragtige lang wynglase vir ‘n sprankelende ervaring.
Pongrácz Rosé is landswyd teen ongeveer R120 beskikbaar.Besoek www.pongracz.co.za vir meer inligting daaroor.
Genoeg vir 8 middelgroot of 20 kleiner tertjies
Bestanddele
Deeg
225 g botter
200 g strooisuiker
2 groot eiers
500 g meel
Vulsel
180 ml (¾ koppie) room
5 × 80 g witsjokolade, grof gekap
100 g framboosbessies
200 g aarbeie
45 ml (3 eetlepels) warm appelkooskonfyt
Metode
1 Deeg Room die botter en suiker in ‘n voedselverwerker totdat dit bleek en donsig is. Voeg die eiers een vir een by terwyl die motor nog aan die gang is. Meng goed. Voeg die meel by en meng totdat dit ‘n bewerkbare deeg vorm. Bedek in kleefplastiek en los dit in die yskas vir 1 uur.
2 Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk die deeg in 8 hartvormige tertpannetjies en los dit in die yskas vir 30 minute. Blindbak vir 10-12 minute of totdat dit goudbruin en gaar is. Sit dit eenkant om af te koel.
3 Vulsel Laat die room in ‘n klein pannetjie kook. Giet dit bo-oor die sjokolade en meng tot glad. Bedek en sit dit in die yskas vir 30 minute.
4 Klits die mengsel met ‘n elektriese menger totdat dit lig en donsig is. Skep dit in die tertjies in en sit framboosbessies en aarbeie bo-op. Smeer appelkooskonfyt liggies bo-oor die vrugte en bedien.