Maak etes, van ontbyt tot nagereg, vir die geliefdes wat Valentynsdag saam met jou deurbring
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto’s ANDREA CALDWELL
4 porsies
4 snye witbrood
genoeg botter
bietjie olie
4 eiers
sout en peper na smaak
groot hartjiekoekdrukker
- Smeer snye brood aan albei kante met botter.
- Verhit olie in braaipan en braai snye brood liggies aan albei kante tot goudbruin.
- Druk die binnekant van die brood met ’n hartjiekoekiedrukker uit.
- Plaas een sny brood op ’n slag terug in die braaipan en breek ’n eier in die hartjiegedeelte oop.
- Bak tot net gaar en sit dadelik saam met uitgedrukte hartjiegedeelte voor.