DEUR: MARLO KITSHOFF-CARSTENS
FOTO’S: ANDREA CALDWELL
2 liter
Bestanddele:
2 heel pynappels
250 ml (1 k) suiker
1 l (4 k) kookwater
2 ml Anchor-kitsgis
Wen dié Taurus-handmenger met Anchor-kitsgis. Klik hier om in te skryf
Metode:
- Sny groen blaargedeelte van pynappel af.
- Was pynappels se buitekant met growwe borsel tot skoon.
- Kap pynappel in growwe stukke. Plaas in groot houer of kastrol.
- Giet suiker oor pynappels.
- Voeg kookwater by en roer deur. Plaas op warm plek vir 24 uur. Roer Anchor-kitsgis
- by en laat staan vir nog 12 uur.
- Skep pynappelstukke uit. Gooi pynappelmengsel deur fyn sif of fyn doek.
- Proe of nog suiker nodig is en roer nog by indien verkies.
- Giet in bottels, maar moenie tot bo volmaak nie.
- Laat drie dae lank staan om te gis.
- Plaas dan in yskas en sit yskoud voor.