Moeg vir gewone maalvleis? Kikker dit op met ‘n Meksikaanse geur en maak maalvleis en nachos vir jou mense!
4 tot 6 porsies
LEES OOK: Maalvleis-tortillas
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
600 g beesmaalvleis
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
5 ml (1 t) kerriepoeier
1 ml fyn koljander
knypie paprika
sout en rooipeper na smaak
410 g (1 blik) gekapte tamaties
30 ml (2 e) blatjang
10 ml (2 t) bruinsuiker
5 ml (1 t) witasyn
410 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
SIT GEREG AANMEKAAR
250 g (1 pak) Salsa Nachos Chips (Top it) Woolworths
250 ml (1 k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
grasuie, gekap
Stel oond op 180 °C.
LEES OOK: Vinnige maalvleisrol
Metode
- Verhit bietjie olie en soteer ui daarin tot sag.
- Voeg maalvleis, pietersielie en soetrissie by. Soteer tot vleis gaar en los van mekaar is.
- Voeg oorblywende bestanddele by, behalwe pitmielies. Prut sonder deksel tot meeste vloeistof weggekook is, ongeveer 10 minute.
- Geur vir smaak en roer pitmielies by.
- Sit gereg aanmekaar Pak nachos op bodem en kante van bak of individuele bakkies.
- Skep maalvleis in nachos.
- Skep Griekse jogurt oor en sprinkel kaas oor.
- Plaas in oond vir 12 minute tot kaas gesmelt is. Sprinkel grasuie bo-oor.
- Sit dadelik voor.