Hannes van Wyk deel sy ma se resep vir ‘n heerlike souttert met ons
Ons sien vir akteur en aanbieder Hannes van Wyk gereeld op die kassie in die program Bravo! waar hy met bekendes skouers skuur. Verder is hy geen onbekende op die planke nie. Weg van die kassie en in die kombuis is Hannes nie wat jy ’n kok van formaat sal noem nie, maar volgens hom maak hy ’n “mean” slaai en heerlike toebroodjies. Sy gunsteling-bestanddele is brood en botter en hy is mal oor boerekos. “Ek hou maar van vleis, rys en aartappels, maar ek is ook gek na enige kos wat my goeie vriend Gerrie Ferreira maak. Hy’s ’n uitstekende kok en kan binne ’n halfuur ’n fantastiese gourmet-ete voorberei.”
LEES OOK: Resep vir ‘n spek-en-uie-souttert
4 tot 6 porsies
Bestanddele
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
2 75 g (1 blikkie) Weense worsies in soutwater, gedreineer
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap45 ml (3 e) koekmeel
15 ml (1 e) droë mosterdpoeier
250 ml (1 k) volroommelk
3 ekstragroot eiers, geklits
knypie sout en peper
LEES OOK: Resep vir ‘n souttert met russiese worsies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Sprinkel gekapte spek in oondtertbord van 20 cm-deursnee, wat met kossproei gespuit is.
- Sny worsies in skyfies en gooi oor.
- Sprinkel kaas en pietersielie oor.
- Meng koekmeel en mosterdpoeier en voeg helfte van melk daarby. Roer tot gladde beslag vorm.
- Roer nou oorblywende melk, eiers, sout en peper by.
- Giet oor bestanddele in oondtertbord.
- Bak vir 35 minute of tot goudbruin.
- Sit warm of teen kamertemperatuur saam met slaai voor.