8 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
250 g ham, gekap
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) strooisuiker
45 ml (3 e) mayonnaise
20 ml (4 t) gelatien
45 ml (3 e) water
SOUS
60 ml (4 e) gekoopte heuning-en-mosterd-slaaisous
30 ml (2 e) mayonnaise
Metode
1 Verhit olie en soteer ui en pietersielie.
2 Kap uimengsel saam met ham, sout en peper in voedselverwerker fyn.
3 Klits room saam met strooisuiker styf. Roer mayonnaise by.
4 Vou hammengsel by roommengsel in.
5 Spons gelatien in water en verhelder oor kookwater. Roer by hammengsel.
6 Verdeel hammengsel tussen agt klein metaalramekinbakkies wat met water uitgespoel is.
7 Plaas in yskas tot gestol.
8 Sous Meng bestanddele vir sous en sit saam met gestolde hamvormpies voor.