ongeveer 6
Bestanddele
1 kg maer beesmaalvleis
60g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier
1 eier, geklits
10 ml (2 e) blatjang
10 ml (2 t) Worcestershiresous
knypie knoffelsout
knypie rooipeper
peper na smaak
187 ml ( ¾ k) gougaarhawermout
Metode
Stel oond op 200 °C.
1. Meng bestanddele in groot mengbak tot goed gemeng.
2. Vorm ses fikkadelle met 7 cm-deursnee.
3. Verhit bietjie olie en braai frikkadelle aan elke kant vir ongeveer 15 min. tot gaar.
4. Sit dadelik met hamburgerrolletjies voor.