Maak ’n lekker soutgereg met croissants
4 porsies
BESTANDDELE
6 croissante
90 ml (6 e) rooi pesto
100 g (1 pakkie) gesnyde ham
150 g (1 pakkie) gesnyde sterk wit kaas
6 eiers
160 ml (2/3 k) melk
knypie komyn
2 ml gedroogde kruie
sout en peper
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Sny croissante oop en smeer eetlepel rooi pesto in elkeen.
2 Sit skyfie ham en kaas in elke croissant.
3 Sny croissante in derdes en pak in oondbak.
4 Klits eiers, melk en geurmiddels saam en gooi oor croissante.
5 Bak vir 30 minute of tot eier gestol is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.