Maak lekker growwe rosynebskuit vir jou mense!
ongeveer 60 stukke
Bestanddele
1 kg (8 k) volkoringmeel
875 ml (3½ k) semels
45 ml (3 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) All-Bran Flakes
375 ml (1½ k) sultanas
125 ml (½ k) rosyntjies
500 ml (2 k) bruinsuiker
4 ekstragroot eiers
750 ml (3 k) karringmelk
500 g (1 blok) botter, gesmelt
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Meng volkoringmeel, semels, bakpoeier, sout, All-Bran, sultanas, rosyntjies en bruinsuiker.
- Klits eiers en voeg karringmelk daarby. Roer gesmelte botter daarby.
- Roer melkmengsel by droë bestanddele tot deeg vorm.
- Skep deeg in drie gesmeerde broodpanne van ongeveer 35 cm x 11 cm groot.
- Bak vir 60 minute of tot goudbruin en toetspen skoon uitkom.
- Laat effens afkoel en keer dan op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.
- Sny of breek beskuit in stukke.
- Droog uit teen 70 °C vir 5 tot 6 uur of oornag.