Hierdie resep vir beskuit maak ongeveer 100 stukke
Bestanddele
1,5 kg (6 k) koekmeel
500 ml (2 k) volkoringmeel
625 ml (2½ k) suiker
45 ml (3 e) bakpoeier
10 ml (2 t) koeksoda
7,5 ml (1½ t) sout
8 Weet-Bix-koekies, gebreek
125 ml (½ k) sonneblomsade
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap
250 ml (1 k) klapper
500 ml (2 k) karringmelk
3 eiers
500 g (1 blok) botter
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Meng meel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout.
2. Roer Weet-Bix, sonneblomsade, neute en klapper by meelmengsel.
3. Klits karringmelk en eiers en roer by meel¬mengsel.
4. Smelt botter, laat effens afkoel en meng met hande by deeg in. Bietjie melk kan bygevoeg word as deeg te styf is.
5. Skep deeg in gesmeerde oondpan.
6. Bak vir 50 min. of tot toetspen skoon uit¬kom.
7. Laat in oondpan afkoel en keer uit om heeltemal af te koel. Sny in stukke en plaas op bakplate.
8. Droog beskuit teen 70 °C vir 4 uur uit of tot heeltemal droog.