48 koekies
Bestanddele
60 ml (4 e) sagte botter
125 ml (½ k) gladde grondboontjiebotter
250 ml (1 k) strooisuiker
1 eier, geklits
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie fyn kaneel
knypie sout
75 ml (5 e) melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en grondboontjiebotter tot liggeel.
2. Voeg strooisuiker by en klits goed.
3. Klits eier en vanielje by.
4. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout.
5. Meng meelmengsel en melk beurtelings by bottermengsel tot sagte deeg vorm.
6. Rol op meelbestrooide oppervlak uit. Druk koekies uit.
7. Plaas koekies op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Sprinkel gekapte grondboontjies bo-oor.
8. Druk grondboontjies effens dieper in koekies in en bak vir 10 tot 12 min. of tot goudbruin.