6 porsies
Bestanddele
6 hoenderfilette, in lang repe gesny
sosatiestokkies
bietjie olie
sout en peper
SOUS
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
2 grasuie, gekap
187 ml (¾ k) gladde grondboontjiebotter
10 ml (2 t) sojasous
15 ml (1 e) suiker
5 ml (1 t) kerriepoeier
knypie rooipeper
125 ml (½ k) room
60 ml (4 e) melk
Metode
1. Steek hoenderfilette in sig-sag vorm op sosatiestokkie.
2. Verhit bietjie olie en braai hoender aan albei kante tot goudbruin en gaar.
3. Sprinkel sout en peper na smaak bo-oor. Plaas op bakplaat wat met foelie gevoer is, sodat stokkies so effens oor kant kan steek.
4. Sous: Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg grasuie by en soteer nog 2 min. Voeg nou oorblywende bestanddele by en laat prut vir 5 min. oor lae hitte.
5. Giet sous bo-oor sosaties en bak vir 20 min.