Jy hoef nie dié week oor aandete kop te krap nie. Hier is ‘n maklike resepte vir die besige weeksaande
4 porsies
Bestanddele
60 ml (¼ k) gladde grondboontjiebotter
15 ml (1 e) heuning
15 ml (1 e) sojasous
15–30 ml (1–2 e) kookwater
knypie rooipeper
bietjie olie
1 ui, in ringetjies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus en gekap
2 wortels, geskil en in dun repies gesny
600 g beesvleisrepies
Metode
- Meng grondboontjiebotter, heuning, sojasous, kookwater en rooipeper en hou eenkant.
- Verhit bietjie olie en braai ui, knoffel en wortels. Hou eenkant.
- Verhit nog bietjie olie en braai beesvleisrepies op hoë hitte tot bruin.
- Roer uiemengsel en grondboontjiebottersous by beesvleisrepies. As dit te droog lyk, voeg nog kookwater by.
- Sit warm saam met rys voor.
