Sorg dat jou mense hulle groente inkry en maak die lekker groentetertjies
6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
2 groot murgpampoentjies, grofgerasper
410 g (1 blik) geroomde mielies
3 eiers, geklits
6 grasuie, gekap
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
250 ml (1 k) vars witbroodkrummels
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) groentespeserye
sout en peper na smaak
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Soteer ui en knoffel in olie tot sag. Voeg soetrissie by en soteer nog twee minute.
- Skep uiemengsel in mengbak. Roer res van die bestanddele daarby.
- Skep in ses gesmeerde ramekinbakkies of in groot (jumbo) muffinpanne.
- Pak op bakplaat sodat dit makliker hanteer.
- Bedek bakkies of muffinpan met foelie en bak vir 25 minute of tot gestol in middel.