Groentesop is heerlik in die winter. Probeer hierdie lekker resep van ons
4 porsies
Bestanddele
400 g kookvleis
1 blokkie beesaftreksel
2 uie, gekap
5 wortels, geskil en gekap
4 stokkies seldery, grofgekap
2 middelslagpreie, geskil en gekap
2 middelslagaartappels, geskil en gekap
1 groot raap
2 lourierblare
15 g pietersielie
30 ml (2 e) tamatiepasta
Metode
- Kook vleis in genoeg water met aftrekselblokkie tot baie sag. Hou vleis en vloeistof eenkant.
- Gooi in dieselfde pot groente, kruie, tamatiepasta en vleisvloeistof. Kook tot groente baie sag is.
- Verwerk groente in voedselverwerker. Gooi terug in pot en sit heel vleis terug. Bring tot kookpunt en geur met sout en peper.
Wenk
Meet porsies sop af en vries in sakkies vir ’n vinnige ete enige plek of tyd