Beïndruk gaste deur dié mooi (en lekker) groenteslaai
4 porsies
Bestanddele
4 vars mielies
botter
sout en peper
2 50 g (1 pakkie) jong
groenboontjies
50 g (½ pak) babaspinasie
5 pikantrissies, fyngekap
2 avokado’s
SLAAISOUS
30 ml (2 e) suurlemoensap
30 ml (2 e) heuning
30 ml (2 e) olyfolie
knypie swartpeper
LEES OOK: Maak ‘n koeskoesslaai
- Stoom mielies en groenboontjies in stomer tot gaar, maar nie sag nie.
- Smeer mielies met botter en geur met sout en peper.
- Rooster mielies onder oond se element tot goudbruin. Draai mielies van tyd tot tyd om en hou pal dop.
- Laat mielies bietjie afkoel en sny mieliepitte teen stronk af.
- Pak spinasie op slaaibord en sprinkel groenboontjies, mieliepitte en pikantrissies bo-oor.
- Trek avokado se skil af en sny in skywe. Plaas bo-op slaai.
- Slaaisous Plaas al die bestanddele saam in glasbotteltjie, skud en giet oor slaai.