Dié groenterosie-pastei is mooi en maklik om te maak!
4–6 porsies
Bestanddele
1 vel skilferkorsdeeg
4 3 g (1 pakkie) Knorr Veggie Bake, kaasgeur
250 ml (1 k) room
2 wortels, geskil
3 murgpampoentjies
1 beet, geskil
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Voer gesmeerde tertpan met skilferkorsdeeg uit. Prik bodem met vurk.
- Meng Veggie Bake en room en hou eenkant.
- Skil wortels en murgpampoentjies in lang repe met skiller. Rol repe op sodat dit soos rosies lyk.
- Skil beet al in die rondte tot jy ’n lang stuk het en rol op soos ander.
- Giet Veggie Bake bo-oor skilferkorsdeeg en rangskik groenterose bo-op.
- Bak vir 30-35 minute of tot deeg en groente gaar is.