Hierdie groentepakkies maak ’n heerlike bygereg!
6–8 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 25 g (½ pak) spek, in blokkiesgesny
2 wortels, grofgerasper
3 murgpampoentjies, grofgerasper
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie rooipeper
125 g (½ blik) lensies, afgespoel
sout en peper
2 sirkels fetakaas, gekrummel
4 koppe babakoolblare, afgebreek
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
Maak ook vinnige spek-en-vis-pakkies
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Braai ui en knoffel in olie tot sag. Haal uit en braai spek tot bros. Sit uie terug.
- Roer wortels, murgpampoentjies, speserye en lensies by en braai verder. Haal van hitte af. Geur met sout en peper en roer feta deur.
- Blansjeer koolblare in borrelende kookwater tot sag. Dreineer en hou eenkant tot afgekoel.
- Skep 15 ml van vulsel in geblansjeerde koolblaar, vou toe en plaas in oondbak. Giet aftreksel oor en bak vir 30 minute of tot kool ligbruin is.