Hierdie groentegebak is ideaal vir vleislose-Maandag!
6 porsies
Bestanddele
1 klein botterskorsie, ontpit en in dun skyfies gesny
400 g aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
10 songedroogde tamaties
handvol vars pietersielie, gekap
knypie peper
knypie fyn komyn
43 g (1 pakkie) Potato Bake
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
250 ml (1 k) mozzarellakaas
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Pak lagie botterskorsies, aartappels en songedroogde tamaties in oondbak van 30 cm x 20 cm wat met kossproei gespuit is.
- LEES OOK: Hoender-en-ryskasserol
- Sprinkel pietersielie, peper en komyn bo-oor. Pak weer lagies groente. Hou so aan tot al die groente klaar is.
- Meng Potato Bake, room en melk tot gladde sous.
- Giet bo-oor groente. Sprinkel kaas bo-oor.
- Bedek groente met foelie en bak vir 50 minute.
- Haal foelie af en bak nog 10 minute tot goudbruin bo-op.