Groentefrittatas is lekker en maklike kosblikkos!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 klein ui, fyngekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
2,5 ml (½ t) fyn vars gemmer
200 g (1 pak) babaspinasie
200 g (1 houer) klein tamaties
125 g (½ pak) julienne-wortels
5 ml (1 t) gemengde kruie
sout en peper
6 eiers
250 ml (1 k) melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
- Voeg spinasie, tamaties en wortels by en braai verder. Geur met kruie, sout en peper.
- Verdeel groente in gesmeerde muffinpanholtes.
- Klits eiers en melk, geur met sout en peper en gooi oor groente.
- Bak vir 15–20 minute of tot dit pof en goudbruin is.
- Laat afkoel en pak in kosblik.