Maak groenteburgers vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
2 wortels, gekap
½ middelslag-botterskorsie, gekap
4 murgpampoentjies, gekap
olie
sout en peper
1 ui, gekap
½ rooi soetrissie
1 blik kekerertjies
4 burgerbroodrolletjies
60 ml (4 e) mayonnaise
handvol slaaiblare
handvol basiliekruid
12 stukke songedroogde tamaties
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Meng wortels, botterskorsie en murgpampoentjie saam met bietjie olie. Geur met sout en peper.
- Verhit bietjie olie en braai ui en soetrissie tot sag.
- Gooi groente, uiemengsel en kekerertjies in voedselverwerker en verpulp tot amper glad.
- Vorm vier groot frikkadelle van groentemengsel en druk effe platter.
- Braai in bietjie olie tot goudbruin.
- Sny burgerrolletjies in helfte en smeer met eetlepel mayonnaise. Sit groentefrikkadel, blare en songedroogde tamaties bo op. Sit ander broodrolhelfte bo-op en bedien dadelik.