BROSKORSDEEG
500 ml (2 k) koekmeel
knypie sout
1 ml paprika
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
180 g botter
1 eiergeel
90 ml (6 e) yswater
5 ml (1 t) suurlemoensap
VULSEL
bietjie olie
1 ui, fyngekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
250 g (1 pakkie) spek, in stukkies gesny
4 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
2 ml sout
knypie swartpeper
60ml (4 e) cheddarkaas, gerasper
Stel oond op 180 °C.
1 Broskorsdeeg Sif koekmeel, sout en paprika saam. Roer kaas by.
2 Vryf botter in koekmeel met vingerpunte tot mengsel soos broodkrummels lyk.
3 Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meel-en-botter-mengsel tot deeg vorm.
4 Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel een uur in yskas.
5 Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4 mm dik en voer losboomkoekpan met 24 cm-deursnee daarmee uit. Prik bodem met vurk.
6 Voer tertkors met bakpapier en boontjies uit en bak blind vir 15 minute.
7 Verwyder bakpapier en boontjies.
8 Plaas tertkors weer terug in oond vir nog vyf minute sodat dit kan droog bak. Haal uit oond en hou eenkant.
9 Vulsel Soteer ui en pietersielie in bietjie olie tot ui sag is. Skep in gebakte tertkors.
10 Braai spek tot gaar en sprinkel in tertkors.
11 Klits eiers tot gemeng. Voeg room en melk by en klits weer tot gemeng.
12 Roer sout, peper en kaas by melkmengsel en roer deur.
13 Giet stadig in tertkors en bak vir 35 minute of tot net in middel gestol.
14 Laat bietjie afkoel en sit louwarm of koud voor.