Vergeet van blomkool met kaassous, jy kan veel meer daarmee doen – soos hierdie heel gebakte blomkool!
4 porsies
Bestanddele
1 heel kop blomkool
125 g (¼ blok) botter
1 ml sout
knypie swartpeper
10 ml (2 t) vars knoffel, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) parmesaankaas, fyngerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Plaas blomkool in 187 ml (¾ k) water en stoom met deksel op oor matige hitte vir 30 minute.
- Skep blomkool uit in oondbak.
- Smelt botter, sout, swartpeper, knoffel en pietersielie saam in glasbak in mikrogolf tot net sag. Smeer hele blomkoolkop goed daarmee.
- Bedek met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder foelie.
- Skep botter wat in oondbak lê oor blomkool. Sprinkel parmesaankaas bo-oor.
- Plaas blomkool vir nog 20 minute in oond.
- Sprinkel nog parmesaankaas bo-oor en plaas onder roosterelement tot goudbruin bo-op.
- Sit dadelik voor.