Hierdie groente-en-spek-sop is maklik en vining om te maak – perfek vir ’n weeksaand
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
2 lourierblare
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) water
1000 ml (4 k) bevrore groente
sout en peper
LEES OOK: Vinnige ertjiesop
Metode
- Verhit olie en braai spek tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
- Voeg ui, knoffel en pietersielie in kastrol en soteer tot ui sag is.
- Gooi aartappels in en soteer vir drie minute. Voeg oorblywende bestanddele by en plaas deksel op.
- Kook vir 20 minute tot groente sag is.
- Maak sop met handmenger fyner.
- Skep spekblokkies by sop en roer deur.
- Sit warm saam met brood voor.