4 porsies
Bestanddele
SLAAISOUS
60 ml (4 e) avokado-olie
60 ml (4 e) sesamsaad
10 ml (2 t) papawersaad
1 knoffelhuisie, gekneus
4 grasuie, gekap
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) heuning
15 ml (1 e) witwynasyn
SLAAI
1 kop blaarslaai
1 bos spinasie, gewas en fyn gekerf
120 g (1 pakkie) suikerertjies, skuins gesny
187 ml (¾ k) vars ertjies
200 g mozzarella, in dun skyfies gesny
4 hardgekookte eiers, in kwarte gesny
2 avokado’s, geskil en in repe gesny
Metode
1. Slaaisous: Verhit olie en braai sesam- en papawersaad vir 3 min. Verwyder van hitte.
2. Meng res van bestanddele by en laat eenkant tot benodig.
3. Slaai: Pak slaaibestanddele op geskikte bord.
4. Sit slaaisous saam met slaai voor.