Dink bietjie uit die boks en maak dié lekker groenslaai
4 porsies
Bestanddele
aspersies, gestoom
½ kop broccoli, in blommetjies gebreek en gestoom
125 g (1 pakkie) jong groenboontjies, gestoom
250 g (1 pak) babaspinasie
1 avokado, ontpit en in repe gesny
1 komkommer, in dun repe gesny
SOUS
125 ml (½ k) ryswynasyn
60 ml (4 e) suiker
30 m (2 e) sesamolie
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) gemmer, fyngekap
VIR BO-OOR
30 ml (2 e) sesamsaad, gerooster
30 ml (2 e) amandelvlokkies, gerooster
LEES OOK: Maak koeskoes en groente
Metode
- Stoom aspersies, broccoli en groenboontjies vir ongeveer vier minute. Groente hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
- Pak spinasie, gestoomde groentes, avokado en komkommer op opdienbord.
- Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor slaai.
- Vir bo-oor Sprinkel geroosterde sesamsaad en amandelvlokkies bo-oor slaai en sit voor.