Maak heerlike verfrissende groen ystee vir ‘n warm dag
4 tot 6 glase
1 l (4 k) kookwater
187 ml (. k) suiker
2 Vyf Rose Spellbound-teesakkies (Green
Tea Flavoured with Passion Fruit)
45 ml (3 e) heuning
15 ml (1 e) suurlemoensap
750 ml (3 k) ysblokkies
h andvol vrugte van jou keuse, bv kersies,
aarbeie of frambose
- Meng water en suiker saam en hou aan roer tot suiker opgelos is.
- Plaas teesakkies in kookwater waarby suiker gevoeg is vir ses tot agt minute. Verwyder teesakkies.
- Roer heuning en suurlemoensap by. Plaas in yskas vir vier uur tot goed koud.
- Voeg ysblokkies en handvol vrugte net voor opdiening by afgekoelde ystee.
- Skink in glase.