Het jy al ooit probeer om jou eie pesto te maak? Probeer ons maklike resep!
4 porsies
Pesto
50 g basiliekruidblare
30 g pietersielieblare
50 g dennepitte, liggies gerooster
2 ml (¼ t) fyn knoffel
25 g parmesaankaas
80 ml (1/3 k) olyfolie
sout en peper
Pasta
500 g (1 pak) linguine-pasta
200 g (1 pak) stukkies spek
200 g (1 houer) klein tamaties
60 ml (4 e) fyngerasperde parmesaankaas
Metode
- Pesto Gooi kruie, dennepitte, knoffel en kaas in voedselverwerker. Terwyl masjien klop, gooi olie by en verpulp tot glad. Geur met sout en peper.
- Pasta Kook pasta in borrelende soutwater tot net gaar, dreineer en hou eenkant.
- Braai spek tot bros, voeg tamaties by en braai tot effe gaar.
- Gooi pesto en pasta by en braai vinnig tot alles warm is.
- Bedien dadelik met parmesaankaas.
Wenk
Verdubbel die resep, bêre die oortollige pesto in ’n skoon glasbottel in die yskas en gebruik dit binne ’n week