Grenadella is altyd lekker. Probeer dit in dié gewilde lekkerny
24 kolwyntjies
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
4 eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
1 25 ml (½ k) grenadellavrugtesap (Woolworths)
220 g (2 x 110 g) grenadellapulp
2 ,5 ml (½ t) grenadellageursel (spesialiteitswinkels)
GRENADELLAVERSIERSEL
200 g sagte wit margarien
30 ml (2 e) volroommelk
80 ml (1/3 k) grenadellapulp
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
Metode
Stel oond op 180 °C
- Koek Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in bak.
- Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel met elektriese klitser.
- Voeg olie, grenadellavrugtesap, -pulp en -geursel by eiergeelmengsel. Klits vir twee minute.
- Roer gesifte koekmeel by eiergeelmengsel.
- Klits eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou geklitste eierwit by beslag in.
- Gebruik standaardgrootte muffinpannetjies en voer met wit muffinpapiertjies uit.
- Skep muffinpapiertjies nie meer as ¾ vol beslag nie.
- Bak vir 17 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Haal uit muffinpannetjies en laat heeltemal afkoel.
- Grenadellaversiersel Room margarien met elektriese klitser vir ongeveer vier minute.
- Voeg melk, grenadellapulp en 250 ml (1 k) versiersuiker by en klits vir nog vier minute tot goed romerig.
- Voeg oorblywende versiersuiker bietjiesgewys by. Hou aan klits tot versiersuiker goed romerig is.
- Smeer of spuit versiersuiker op kolwyntjies en sit voor soos verkies.