Maak heerlike gesonde peuselhappies ná die feestyd se oordaad
Bestanddele
16 stafies
250 ml (1 k) Rice Krispies
500 ml (2 k) hawermout
250 ml (1 k) pampoenpitte
250 ml (1 k) sonneblomsaad
250 ml (1 k) sesamsaad
125 ml (½ k) botter
125 ml (½ k) heuning
160 ml (2/3 k) bruinsuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) bosbessies
Metode
Berei ’n 24 cm x 30 cm-oondpan voor deur dit met botter te smeer.
- Meng Rice Krispies, hawermout, pampoenpitte, sonneblomsaad en sesamsaad in mengbak.
- Gooi botter, heuning en bruinsuiker in pot en kook op matige hitte vir vyf minute terwyl jy roer. Voeg vanieljegeursel by en verwyder van hitte.
- Gooi warm mengsel oor droë bestanddele en meng goed deur.
- Voeg bosbessies by en meng deur.
- Gooi mengsel in oondpan en maak gelyk bo-op met koekroller.
- Laat staan vir twee uur tot gestol.
- Gebruik liniaal en sny netjiese stafies.
Wenk
Gebruik enige variasie van neute, sade en vrugte