Probeer dié resep deur sjef Louise Gillett.
Bestanddele
Pastabestanddele
550 g meel
Sout
1 eier
6 eiergele
Sout
1 eier
6 eiergele
Vulselbestanddele
150 g gorgonzola- of ander sagte bloukaas
Gerookte speksous
een groot ui
250 g gerookte spek in blokkies gesny
500 ml room
Gekaramelliseerde pere
6 pere
50 g botter
¼ koppie suiker
1 suurlemoen
Metode
1 Plaas die bestanddele in voedselverwerker en meng tot die tekstuur van broodkrummels. Keer op meelbedekte oppervlak uit en knie vir vyf minute tot ’n egalige deeg.
2 Draai in kleefplastiek toe en sit vir 30 minute in die yskas.
3 Verdeel die deeg in porsies. Vir elke porsie, rol die deeg deur pastamasjien op sy dikste verstelling.
4 Vou die pasta in die helfte en rol dit deur die volgende verstelling. Hou aan om dubbel te vou en deur die volgende verstelling te rol, tot jy by laaste verstelling, nommer 7, kom.
5 Sit die uitgerolde deel op ’n meelbedekte oppervlak en bedek met kleefplastiek om uitdroging te voorkom.
6 Gebruik 150 g gorgonzola- of ander sagte bloukaas vir die vulsel. Klits tot romerig voor jy gebruik.

Maak die tortellini só
1 Om die tortellini te maak, gebruik ’n koekiedrukker om lekker groot sirkels uit te druk.
2 Sit die vulsel in die middel en smeer water op die kante sodat dit taai word om te plak, voor jy dubbeld vou. Hou die tortellini met die ronde kant na onder.
3 Smeer water op die regterkantse hoek van dié semisirkel en vou die regterkant na die linkerkantse hoek. Maak ongeveer 30 tortellinis.

1 Braai die ui en spek tot goudbruin, voeg die room by en laat prut tot die helfte van die hoeveelheid.
2 Moenie sout of peper byvoeg nie.
3 Sit eenkant.
2 Moenie sout of peper byvoeg nie.
3 Sit eenkant.
Gekaramelliseerde pere
1 Sny die pere in skywe.
2 Laat die botter en suiker in pan karamelliseer en braai die pere daarin tot sag en deurskynend.
3 Besprinkel met suurlemoensap.
2 Laat die botter en suiker in pan karamelliseer en braai die pere daarin tot sag en deurskynend.
3 Besprinkel met suurlemoensap.
Vir opdiening
Kook vyf tortellini’s per persoon in ’n pot kokende soutwater. Verwyder uit die water en sit eenkant op ’n oondrak om op die borde te pak. Skep die peersous en pere op die bord, sit die tortellini in die middel en skep die speksous daaroor. Bedien met gerasperde parmesaankaas en diepgebraaide salie.